About i90Christian

Opinieskrywer op opinieplatform.co.za

Peiling: Gaan 2014 goeie dinge bring?

Die president van die Orania Beweging, Carel Boshoff (IV), het ‘n “staat van die volk”-betoog gepubliseer. Hierin skets hy sy mening dat Afrikaners in 2014 meer sal moet saamwerk. Dink jy dit is goed dat sommige Afrikanerorganisasies binne die verskillende Afrikanerfaksies probeer saamwerk sonder hul identiteit op te gee?

Advertisements

Peiling: Vrystaatse matriekslaagsyfer betroubaar?

Die DA het gevra om ‘n oudit van die matriekuitslae. Heel moontlik gaan hierdie oproep lelik backfire teen die DA. Dink jy die matriekslaagsyfers van onder meer die Vrystaat en Mpumalanga is betroubaar?

Peiling: Gaan die Nkandla-verslag ‘n flop of verrassing wees?

Die DA het vandag gesê dit lyk of Suid-Afrikaners betaal vir die krag wat president Zuma op Nkandla gebruik. Dit terwyl Eyewitness News vandag meld dat die Nkandla-verslag van die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, vandeesmaand bekend gestel gaan word. Gaan die verslag nog meer verrassings bevat of gaan die verslag ‘n flop wees, met ander woorde: gaan die positief of negatief vir Zuma se posisie wees?

Peiling: Het matriek nog waarde?

Herman Toerien duik in Maroela Media se Nuuskommentaar op die vraag of die matriekslaagsyfer van 78,2% die prentjie se hele storie vertel. Het matriek nog waarde as ‘n mens sien dat kandidate in drie vakke slegs 30% (of meer) moet behaal en in die ander 3 vakke slegs 40% (of meer) moet behaal?

Peiling: Die Naspersboikot en die sluiting van Afrikaanse media

Barend van der Merwe skryf op ons webwerf dat Afrikaanssprekendes hulself beseer het met die boikot teen Naspers, met moontlik die sluiting van Nuus24, MK en Sondag as ‘n gevolg van die boikot en vieslike kommentare van anonieme Afrikaanssprekendes op Naspers se nuuswebwerwe. Wat dink jy?

 

Peiling: Sal Zuma voor die einde van die jaar vrywillig terugtree?

Kommentator Stanley Uys het in Rapport geskryf dat die kans dat president Zuma vanjaar vrywillig en definitief die Uniegebou verlaat baie klein is. Sal Zuma voor die einde van die jaar vrywillig terugtree?

 

Peiling: RSG/SAUK berig nie oor korrupsie

MaroelaMedia berig vandag dat die SAUK se nuusdienste op die radio (RSG) en TV geen aandag gegee het aan die feit dat Suid-Afrika geval het op die korrupsiepersepsie-indeks.

Wat dink julle? Moet die nuusdienste van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie aandag gee aan hierdie nuus?

(Nota: Hierdie peiling is ‘n toetspeiling)