Peiling: Het die opsporingsdienste in die Dewani-saak gefaal?

Vandag het die regter van die Wes-Kaapse Hooggeregshof Shrien Dewani vrygespreek van die moord op sy vrou. Volgens die regter is daar hopeloos te min bewys om Dewani te kan veroordeel. Dit is nie die eerste keer nie dat die (gebrek aan ‘n) veroordeling van verdagtes in groot hofsake groot opslae veroorsaak. Ook in die regsaak na die dood van Reeva Steenkamp is die verdagte, Oscar Pistorius, gevonnis met ‘min bewyse’. Nou wonder ek of daar iets struktureel fout is by die opsporingsdienste. Wat dink jy?

Advertisements

Peiling: Haat die ANC-regering die Afrikaanse taal?

Die Afrikaanse Taalraad het in ‘n mediaverklaring gestel dat “die Suid-Afrikaanse regering glo nie belang stel in die voortsetting van amptelike taalbande met Nederland en Vlaandere nie.” Die Suid-Afrikaanse regering sou oorweeg om bestaande kulturele en taalkundige afsprake met die Nederlandse Taalunie te verbreek. Haat die ANC-regering die Afrikaanse taal?

Peiling: Gaan 2014 goeie dinge bring?

Die president van die Orania Beweging, Carel Boshoff (IV), het ‘n “staat van die volk”-betoog gepubliseer. Hierin skets hy sy mening dat Afrikaners in 2014 meer sal moet saamwerk. Dink jy dit is goed dat sommige Afrikanerorganisasies binne die verskillende Afrikanerfaksies probeer saamwerk sonder hul identiteit op te gee?

Peiling: Gaan die Nkandla-verslag ‘n flop of verrassing wees?

Die DA het vandag gesê dit lyk of Suid-Afrikaners betaal vir die krag wat president Zuma op Nkandla gebruik. Dit terwyl Eyewitness News vandag meld dat die Nkandla-verslag van die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, vandeesmaand bekend gestel gaan word. Gaan die verslag nog meer verrassings bevat of gaan die verslag ‘n flop wees, met ander woorde: gaan die positief of negatief vir Zuma se posisie wees?

Peiling: Die Naspersboikot en die sluiting van Afrikaanse media

Barend van der Merwe skryf op ons webwerf dat Afrikaanssprekendes hulself beseer het met die boikot teen Naspers, met moontlik die sluiting van Nuus24, MK en Sondag as ‘n gevolg van die boikot en vieslike kommentare van anonieme Afrikaanssprekendes op Naspers se nuuswebwerwe. Wat dink jy?